"
Ons is 'n gemeente met 'n droom om God se liefde aan alle mense te wys. Die woord wat ons gebruik is: REFLEKTEER. Ons is beeld van God. Almal is deur Hom so gemaak. Daarom moet ons alle mense lief hê.
As jy die eerste keer kom besoek sal jy tuis voel. Dis deel van ons 'DNS' om jou te laat welkom voel.
Miskien was jy lanklaas by 'n kerk gewees of jy is 'n nuwe intrekker in die omgewing. Hier is ’n paar reëls: Trek gemaklik aan. Daar is geen 'dresscode' nie. Wees op jou gemak en kry vir jou 'n koppie koffie. Ons kuier ook lekker na die diens.
My hoop is dat jy hier sal uitstap met 'n ervaring dat God jou lief het en dat ons as gemeente 'n gemeenskap is waar almal veilig en tuis voel.
Hoop om jou gou weer te sien.
Peet J. Venter